Monday, July 18, 2011

Thys die Bosveldklong by Kalahari Teater in George



Thys die Bosveldklong landwye toer om st nuwe CD bekend te stel

Thys die Bosveldklong het geen bekendstelling nodig nie en na 10 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf, vier Thys hierdie mylpaal met 'n landwye komedietoer om sy nuwe CD, "20 Treffers/10 Jaar" bekend te stel. Die vertoning sluit Thys se gewildste treffers en komiese sketse oor die afgelope 10 jaar in. Kom luister gerus na hierdie wenner van die 2009 SAMA-toekenning vir Afrikaanse komedie.
Die 20/10 konsert beloof om almal se lagspiere te prikkel en die voete te laat skuifel.


Thys die Bosveldklong vertoning by Kalahari-teater in George

Kaartjies vir die vertoning van Thys die Bosveldklong op Donderdag 21 Julie om 20:00 is beskikbaar by Computicket of direk by die Kalahari-teater in George


Kalahari Restaurant & Teater in George


Vir kontak besonderhede en meer inliging oor die Kalahari Restaurant & Teater in George kliek hier





No comments: