Tuesday, August 4, 2009

PetroSA het nou ook hande gevat met die Mej Garden Route & Klein


PetroSA het nou ook hande gevat met die Mej Garden Route & Klein
Karoo-projek. Hier oorhandig Russel Mamabolo (PetroSA
Kommunikasiebestuurder en Bert Espach (waarnemende Operasionele
Bestuurder van die Raffinadery) 'n tjek van R10 000 aan Tryana Potgieter
van die Garden Route Casino en koordineerder van die projek.

NUWE ROLSPELERS VAT HANDE
Die soektog na Mej Garden Route & Klein Karoo is reeds stewig op dreef
en hoe meer rolspelers aan boord kan kom, hoe meer fondse raak
beskikbaar vir die bekamping van mishandeling teen vroue en kinders in
die Suid-Kaap gemeenskappe. Een van die bene van die projek is die
skenking van fondse aan skuilings in die Suid-Kaap.
PetroSA is een van die nuwe organisasies wat nou hul hand na die projek
uitgereik het. Hulle het verlede week 'n skenking van R10 000 kontant
gemaak, maar het hulself ook op verskeie ander maniere verbind. PetroSA
sal 'n kragopwekker beskikbaar stel wat op Saterdag 26 September, tydens
die gala-aand by die Pinnacle Point Gholfklub, gebruik kan word indien
daar enige kragonderbrekings is.


"Mike's Muvee Magic" doen die verfilmingwerk wat hy vooraf, sowel as
tydens die gala-aand sal doen. Die 12 finaliste sal die week voor die
kroning op verskeie uitstappies in die Suid-Kaap geneem word as deel van
hul voorbereiding om toerisme-ambassadeurs vir die streek te wees. Die
wenner sal ook as die "Gesig van Toerisme in die Suid-Kaap" bekend
staan. Na afloop van die kompetisie sal elke finalis ook 'n DVD ontvang
om hulle te herinner aan al die pret en plesier (en swoeg en sweet) wat
hulle ervaar het.

Tydens die ekskursies sal die finaliste deur Stanmar Motors se Mercedes
Benz asook deur Rory Goldhill van Cape Classis Executive Tours op
George, vervoer word.

Navrae oor die projek en die kompetisie kana an Tryana Potgieter by
tryana@gardenroutecasino.co.za gerig word of sy kan by 044 606 7777
geskakel word.

No comments: